St. James-bloedbad

Die St. James-bloedbad is 'n slagting wat op 25 Julie 1993 tydens 'n erediens by die St. James Kerk in Kaapstad plaasgevind het. Tydens die slagting het vier kaders van die Azanian People's Liberation Army (APLA) 11 gemeentelede gedood en 58 gewond. In 1998 het die aanvallers amnestie vir hul dade van die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) ontvang.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy